
Net soos jy, en talle ander, is ek absoluut MAL oor kerse! Die manier wat 'n kers die atmosfeer in 'n vertrek oombliklik versag en terselfdetyd ophelder met die mooiste goue gloed wat gevoelens en nostalgie oproep, wat ons herinner aan tye wat saam met geliefdes deurgebring is of oomblikke van gemak en rustigheid. Soos die vlam flikker en dans, lyk dit of dit 'n sekere mistiek dra, asof dit geheime binne sy sagte omhelsing hou.
Die doel van Kerssand is nie net om kwaliteit, altyd-vars, omgewingsvriendelike kerse teen 'n bekostigbare prys in die vermaaklikheidsbedryf bekend te stel nie, maar ook om jou lewe te vergemaklik. Sodat jy meer tyd kan spandeer aan dit wat jou gelukkig maak.
Ek self as trou fotograaf, en getroue kers-verslaafde is bewus van die ure wat dit neem om talle houers en tafeldoeke met gesmelte kerswaks en swart roet skoon te probeer maak, sonder dat 'n houer breek of decor tot niet is. Die aantal kerse wat as gevolg van swart roet, goggas en 'tunneling' nooit weer hergebruik kan word nie...om nie eers te praat van daardie mooi houer wat jy ten duurste voor aangekoop het, net om dalk sy volle 45uur te brand, en nooit weer te kan gebruik nie, maar nou net rondstaan want hy is te mooi om weg te gooi...
In die vermaaklikheidsbedryf is tyd = geld, en ure en geld wat gemors word op iets wat NOU uiteindelik soveel vinniger, en makliker kan wees is vanselfsprekend iets om te vier/probeer! Punt bly staan, maak nie saak hoeveel tyd en rand daar gemors word nie, kerse sal ons altyd wil aansteek en Kerssand is hier om dit vir julle te vergemaklik, so eenvoudig soos 1,2,3.