(0)
Kitsgids tot die maak van jou unieke kers…

Vervangbare lonte verseker dat jou kers te alle tye soos nuut lyk en verhoed dat kerstonnels vorm. ‘n Splinternuwe kers binne enkele sekondes, Kerssand is die vinnigste en mees moeitevrye selfdoen-kers. Enige-tyd, enige-plek, enige-houer!

 

500ml maak 'n 10cm silinder houer 9cm hoog vol. Een lont = ~15+ure / Halwe lont = ~4-8+ure

6ure verbrand ~50ml / 10ure verbrand ~100ml. *benaderde koste van verbranding ~R3.90/uur

So maklik soos een, twee, drie!

- Vind 'n geskikte houer met 'n deursnee van minstens ~8cm. 

 

- Gooi die Kerssand in die houer en plaas die lont sodat ~5mm van die pit ontbloot bly en laat ~4cm vrye spasie aan elke kant van die pit, insluitend ongeveer ~1cm aan die onderkant. 

 

- Steek aan en geniet! Vul aan soos nodig! 

 

 

Heraansteek

Wanneer jy die kerssand weer aansteek, maak eers seker dat die Kerssand genoeg lont het. As daar genoeg lont is, steek die kers aan soos ‘n gewone kers. As jy uit lont raak, en die vlammetjie homself blus – kan jy die gestolde waks weggooi, en jou houer weer aanvul met vars Kerssand en ‘n nuwe lont. Sorg dat ~5mm van die lont ontbloot bly en laat ~4cm vrye spasie aan elke kant van die lont, insluitend ongeveer ~1cm aan die onderkant. Op hierdie manier sal die houer van jou keuse skoon bly en nie met gesmelte kerswaks in aanraking kom nie. As jy ‘n vlakker houer gekies het, kan jy die lont in die helfte sny. Jy kan ook verskillende elemente byvoeg waarvan jy hou (blomme, klippe, ens.) Kerssand kan ook gebruik word as ‘n “floating candle” (solank jou lont minstens 1cm vrye spasie aan die onderkant het), die floating candle se brandtyd is 2-3ure, die sand kan dan weer uitgedroog word en her-gebruik word sodra dit heeltemal droog is. Voel ook vry om enige essensiële olies volgens jou behoefde in jou kerssand te drup rondom die lont vir ‘n lekker blywende geur.

 

Indien jy meer as een lont en een houer wil brand

Maak seker dat die lonte ~8cm uitmekaar is en die lonte minstens ~4cm weg van die dekor elemente is. Aangesien die branddeursnee van een lont ~8cm is! As die lonte te naby aan mekaar verbrand word (nader as ~8cm) sal die hitte van die vlam verhoog en ook die waks vinniger laat smelt. In hierdie geval kan die lonte in die gesmelte waks sink en blus.